Untitled design (10)
Groei                    Gesels                    Gee

Visie

Met informele vrouegroepe poog Fleur om vroue met enerse uitdagings en oorwinnings saam te snoer om só vreemdelinge in vriendinne te verander.

Met gedeelde geselsies en belewenisse gebeur dit dat hartseer halveer word en vreugde verdubbel. Ons Fleur-vroue is sterk, kreatief, inspirerend en vrolik.  Ons droom is die stig van groepies vroue wat in hul eie kring op ‘n gereelde basis saamdoendinge beplan, wat by mekaar leer en wat die lewe 100% leef …

in die skaduryke valleie, maar ook op die sonnige bergtoppe !

Missie

Fleur is ‘n kuierkring waar vroue met raakpunte in ‘n sirkel van omgee en liefde informeel en gemaklik met mekaar saamkuier.  In die nuwe vriendekring word harte vol met hoop,vrolikheid maak die verskil en kuiertjies word afgewissel van gewoon gesels tot gereelde avonture.

Só word grense verskuif om plek te maak vir nuwe belewenisse.  Ek-tyd kry ‘n plek in elke dagboek.

Vroue put krag uit die saamwees.  Op kreatiewe manière kleur Fleur die lewe in !