Groei

Kontak
Fokus : Persoonlike Ontwikkeling

Effe verlep, vaal, verfrommel ?

Ons groei-geheim lê in die hart : ‘n skeppie hoop, ‘n proeseltjie passie, ‘n knypie selfkennis, ‘n tikkie entoesiasme en ‘n hele skopgraaf deursettingsvermoë …

Kom leer om te blom waar jy geplant is !

Die een-tot-een sessies help jou om jou gawes te ontdek, jou toegerankte passie met jou gawes-gieter klam te hou, én jou selfkennis in te span om jou skeppingsdoel te ontdek. 

Dit vra droë takkies uitsnoei, kreatiewe kompos inmeng, sweet, soms ‘n bietjie swaarkry, selfs hier-en-daar ‘n traan, maar as die nuwe blaartjies uitloer en vars blommetjies hul koppe na die son draai is die beloning genoeg motivering en só inspirerend !

  • Kom ontdek jou gawes.

  • Kom leef passievol.

  • Kom leef jou roeping uit.

Gesels

Fokus : Groepskuiertjies
Saam leer ons, as vroue só bymekaar kuier, baie !

‘n tema + ‘n blom = ‘n ruiker vol raad

Ons gesels oor relevante onderwerpe :

• Beroepsbalans

• Depressie

• Egskeiding

• Finansies

• Ouerskap

• Organisasie & beplanning

• Tydsbestuur

• Verlies

• Vriendskap ….. en veel meer …

Bosse vol Laventel. Rose. Kappertjies. Lelies. Proteas.

Astertjies word ons inspirasie …

So leer ons by bont blomstingeltjies om voluit vrou te wees !

Gesels

Gee

Kontak
Fokus : Wees ‘n Seënsoeker
Maak die wêreld ‘n beter plek .. daar waar jy werk, loop, leef, is, bestaan, gesels, help, doen en dien.

Fleur help met inspirerende idees om :

• ‘n Hartsmens te bederf met ‘n onverwagte verrassing.

• Kreatiewe geskenke te gee.

• Met jou hart en hande onbenutte uurtjies met vrywillige diens te vul deur    iewers betrokke te raak.

• Nie net met ‘n e-pos of stemnota ‘n boodskap te stuur nie, maar om            tasbare goetertjies as boodskappers in te span …

Pluk ‘n blom ….

Gaan gee hom ….

Kyk ! ‘n Blink-oog glimlag kom !